DIE LEEU VAN DIE WES TRANSVAAL,
GENERAAL JACOBUS HERCULES DE lA REY
1847-1914
Aangesien my familie van vader en moederskant van die Wes Transvaal
afkom, wil ek graag meer vertel van die leeu van Wes Transvaal Genl. J h de la
Rey.
Hy is op 22 Oktober 1847 op die plaas Doornfontein in die distrik
Winburg in die Oranje Vrystaat gebore. ń Jaar later verhuis hulle na die ZAR.
Hy het nie formele onderwys ontvang nie en is tuis onderrig. In 1896 is hy
getroud met Jacoba Elizabeth Greeff wie se vader die stigter van die dorp
Lichtenburg was. De la Rey was n suksesvolle boer op die plaas Elandsfontein
net buite Lichtenburg. As transportryer het hy die land en sy mense goed leer
ken wat van onskatbare waarde sou wees in die Anglo-Boereoorlog. Vroeg in sy
lewe het De la Rey homself geopenbaar as n militęre leier en is in 1885 as
kommandant van Lichtenburg gekies en in 1893 tot lid van die eerste Volksraad.
Hy was kalm en regverdig, maar beslis, en het altyd in die regeringsake na die
belange van die volk omgesien.
HOUDING TEENOOR DIE UITLANDERS
Hy het ń gematigde houding aangeneem teenoor die Uitlanders wat die ZAR
binne gestroom het het na die ontdekking van goud in 1896."Stemreg moet
verleen word aan die Uitlanders wat dit werklik verdien, mits die
onafhanklikheid van die ZAR nie in gevaar gestel word nie."
Hy was Kommissaris vir swartmense in die westelike deel van ZAR. Hy het
ń goeie kennis gehad van die swartes. Dit het hom gehelp om die swartes in sy
gebied te kalmeer tydens die Oorlog.
GENL. DE LA REY EN DIE ANGLO-BOERE OORLOG
Hy het tot op die laaste oomblike die dreigende
oorlog probeer afweer.Op 11 Oktober 1899 het die twee Republieke, die Vrystaat
en die ZAR oorlog verklaar teen Brittanje. De la Rey is voor sy vertrek na die
westelike front deur Genl. Piet Joubert as veggeneraal aangestel. Hy het hom
van die begin af geopenbaar as ń meester van strategie en taktiek.
Op 13 Oktober het hy by die Kraaipanstasie naby
Mafeking, as aanvoerder vir die eerste geveg van die oorlog ń groot oorwinning
vir die Boere behaal. Ook die slag van Magersfontein is gewen deur die boere te
danke aan De la Rey se strategie. Die boere se strategie was om die vyand in te wag op die rantjies agter
klipkranse. De la Rey se strategie was dat loopgrawe gegrawe moes word. Dit het die het die Boere laat wen by die slag
van Magersfontein. Die Britte het onder leiding van Lord Methuen 22 offisiere
en 188 manskappe verloor, 47 offisiere en 691 manskappe was gewond of gevange
geneem. Aan die boere se kant was daar 88 dood en 188 gewond. De la Rey se
loopgrawe het bewys gelewer van sy goeie militęre insig.
ń Nuwe tipe oorlogvoering nl: guerilla oorlogvoering
( beweeglike oorlogvoering) het begin. De la Rey in Wes-Transvaal en Genl. De
Wet in die Vrystaat het węreldberoemd geword vanweë hulle taktiek om
afgesonderde Britse afdelings aan te val, baie skade aan te rug, en dan weer
vinnig pad te gee. Hiermee het De la Rey verskeie oorwinnings behaal by onder
andere Silkaatsnek. Methuen het vergeefs om die Leeu van die Wes-Transvaal,
soos De la Rey bekend geword het, vas te keer.
Mev De la Rey het geweier om na ń konsentrasiekamp
te gaan. Sy het Lord Methuen, Britse bevelvoerder ontwyk. Klere is gelap en gestop tot dit nie meer kon nie. Mevrou
De la Rey het volgens Mevrou Joubert (eggenote van Genl Joubert) gesę: “As n
broek geheel afgedra is, is dit met vel gestop”. Dit is dan gepantserde klere
genoem.
Op 7 Maart 1902 het De la Rey by Tweebos die kroon
op sy prestasies gespan. Twee Britse afdelings onderleiding van Methuen en
Grenfell, wat geen kontak met mekaar gehad het nie, het De la Rey se mag
aangeval, maar sonder sukses. Te danke aan die slim taktiek en persoonlike
leiding van De la Rey en genl Kemp, het die boere gewen.Methuen het n ernstige
beenwond gekry en in De la Rey se hande geval. Hy is baie goed versorg en baie
hoflik behandel. Na n paar dae is hy vrygelaat om beter mediese behandeling te
ontvang. Daar het n lewenslange vriendskap tussen hulle ontstaan wat die
buitewęreld verbaas het. Net hierna is die vrede van Vereniging geteken waar De
la Rey ń mede ondertekenaar was.
In 1911 was hy een van die stigters van die Suid-Afrikaanse Nasionale
Party. Met die uitbreek van die Eerste Węreldoorlog in 1914, het De la Rey
skerp verskil met sy leier en die eerste minister. Genl. Botha wou aan die
oorlog deel neem, maar De la Rey wou nie. Hulle kon hulle vrede terug wen deur
nie deel te neem aan die oorlog, het De la Rey geredeneer.
Genl De la Rey se dood was die gevolg van n
einaardige sameloop van omstandighede. Naby Lichtenburg het n man gewoon met
die reputasie van n siener.Hy was Niklaas van Rensburg (Siener van Rensburg),
wat bekend was vanweë die gesigte wat hy glo gesien het. Hy het gewoonlik
belangrike gebeurtenisse voorspel. In die Tweede Vryheidsoorlog het hy ń groot
invloed op De la Rey gehad. Die ou generaal het waarde aan sy gesigte geheg. In
die onrustige dae van Augustus en September het hy n gesig gesien van twee
groot bulle, n rooie en n gryse wat veg. Die rooie is vertrap deur die gryse.
Duitsland het teen Brittanje, wat voorgestel is deur die rooi bul, geveg. Die
profeet het ook die getal 15 gesien met ń ontblote hoof waaruit bloed gedrup
het. Hy het De la Rey met n ontblote hoof gesien huis toe kom met n bossie
blomme. Dit is vertolk as die toneel met die herstel van die republiek en die
triomfantlike terugkeer van De la Rey op die vyftiende van die maand
(September).
De la Rey het ernstig gedink aan n militęre opstand
en sy vriend Beyers oorreed. n Paar ander offisiere het ook besluit om die
opstand te ondersteun. Intussen het die regering alles voor berei om
Suidwes-Afrika in te val. Die opstand is beplan vir 15 September. De la Rey en
Beyers sou dan reis na Potchefstroom waar Genl. Kemp die opstand dan sou begin.
Op 15 September bedank Beyers en vertrek die middag
saam met De la Rey na Potchefstroom. Op pad deur Johannesburg moes hulle deur
verskeie polisiebeheerpunte gaan. Die polisie was egter net opsoek na ń bende
onderleiding van William Volschenk. Hulle (De la Rey) het gedink dat die
owerheid wou hulle stop en het dus die bestuurder beveel om deur te ry sonder
om te stop. Toe die motor by Langlaagte nie wou stil hou nie, is daar op die
motor geskiet en De la Rey is dodelik in die rug getref. Die opstand het toe
nie plaas gevind nie, want slegs De la Rey het die gesag gehad om die
Transvalers te oorreed om aan die opstand deel te neem.
Duisende mense het sy begrafnis bygewoon op
Lichtenburg, Van Rensburg se voorspelling het toe waar geword Die rytuig met
blomme was daar en De la Rey het met n ontblote hoof op sy draagbaar gelę. Die
groot skare was bewoë en baie het die Regering die skuld gegee vir De la Rey se
dood. Hoewel die beplande opstand doodgeloop het, het ander gebeurtenisse tog
eindelik dieselfde resultaat gehad. Die dood van De la Rey het wydverspreide onrus tot gevolg gehad.
Genl De Wet het na De la Rey verwys as:
"een van die dapperstes
van die dapperes, een
van die getroustes van die
getroues."
Naam: Skrywer:
A Few Months with the Boers. |
Sophia Ezedinova |
To the bitter end |
Emanoel Lee |
Penkoppe van die Tweede Vryheidsoorlog |
Pets Marais |
Illustrated History of South Afrifca |
Readers Digest |
Taak gemaak deur Pieter Botha: Graad 9, Groep3 AHS
http://smsas.findhere.org
+1-914-614-4441
Hotdog Pro 5 Webmaster Suite
Macromedia DreamWeaver
Click hier om terug na die hoofbladsy (homepage) te gaan
Copyright
held by the SMSAS-NETWORK 1998-2000